Brent sak mooi terug, klim weer vanoggend

Brent ru-oliepryse het van ‘n hoogtepunt van 130 Amerikaanse dollar ‘n vat Woensdag gedaal tot by 109 dollar ‘n vat maar het vanoggend weer gestyg en verhandel tans net bo 114 dollar ‘n vat. Volgens kenners oorweeg die mark of groot produsente hul aanbod sal verhoog om te help om die gaping in uitset van Rusland aan te vul as gevolg van sanksies vir sy inval in die Oekraïne. Onsekerheid oor waar en wanneer die aanbod vandaan sal kom om Russiese olie te vervang, het gelei tot wyd uiteenlopende voorspellings vir oliepryse tussen 100 en 200 dollar per vat. Die Verenigde Arabiese Emirate sê daar sal ‘n beroep op Opul wees om uitsette te verhoog terwyl die VSA werk om die sanksies teen Venezuela op te hef en Iran terug te kry in die 2015 kernooreenkoms wat weer dié land se olie in die internasionale voorraad sal byvoeg.