Brent sak met 4% terug vandag

Oliepryse het vandag met meer as 4 Amerikaanse dollar per vat getuimel nadat Israel se vergeldingsaanval die naweek teen Iran olie- en kernfasiliteite omseil het en nie energievoorrade ontwrig het nie. Brent verhandel tans net bo 71 dollar ‘n vat, af van amper 76 dollar 24 uur gelede. Israel het drie aanvalle Saterdagoggend geloods en net militêre teikens aangeval. Kenners meen daar kan geen twyfel wees dat Israel se beperkte reaksie sterk deur die Biden-administrasie beïnvloed is voor die Amerikaanse verkiesing nie.