Brent ru-olie sak verder terug met 2%

Die Brent ru-olieprys het met 2 persent teruggesak aangedryf deur ‘n skerp toename in Omikron-gevalle in Europa en die VSA. Die mark het kommer oor nuwe beperkings en inperkings wat in die lande ingestel word. Net na half-sewe vanoggend het Brent teen 71 Amerikaanse dollar en 60 sent verhandel. West Texas Intermediate het met 3 persent teruggesak na net meer as 68 dollar ‘n vat. Olie reageer op die oomblik op marksentiment wat meen vraag sal beperk word as gevolg van maatreëls om die Omikron-variant in toom te hou. Terwyl daar nog geen uitsluitsel is nie, is daar wel ‘n verwagting dat die plaaslike brandstofprys vir Januarie moontlik kan daal.