Brent is senuagtig oor Opul+ se Sondag vergadering

Brent ru-olie het in die afgelope 24 uur met amper 2 persent gestyg maar, verloor weer grond namate die mark voorberei vir die Opul+ vergadering wat Sondag plaasvind. Analiste voorspel dat die groep olieprodusente verdere produksie besnoeiing sal toepas namate internasionale ekonomiese groei verlangsaam. Maar, die kommoditeit het steeds met meer as 11 persent in die afgelope maand gedaal. Brent verhandel tans net bo 81 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar word voorspel dat Opul sy besnoeiings tot in 2024 kan voortsit. Saoedi-Arabië is op rekord dat hy ‘n minimum van 80 dollar ‘n vat nodig het om sy fiskale verantwoordelikhede na te kom.