Brent is bestendig, verskeie faktore werk saam

Brent ru-olie is bestendig, aangesien ‘n daling in Amerikaanse ru-olievoorraad ‘n kleiner as verwagte vermindering in Russiese voorrade teenwerk, terwyl beleggers die ontwikkelinge by Irak se Koerdistan-olie-uitvoere fyn dophou het. Produsente het produksie in Koerdistan verminder na die noordelike uitvoerpyplyn gesluit is. Meer onderbrekings word verwag wat analiste meen binnekort kan verander met uitvoere wat tot 200 000 vate daagliks kan styg. Intussen het Russiese produksie met net 300 000 vate daagliks gedaal, nie 500 000 vate soos aan die begin van die maand aangekondig nie. Seisoenaal, styg vraag na olie normaalweg aan die einde van die tweede kwartaal wat olie weer effe op sal druk. Maar, die kommoditeit verhandel op die oomblik soos verwag. ‘n Vatjie Brent-ru verhandel op die oomblik net bo 78 Amerikaanse dollar.