Brent het reeds voorberei vir Iran se aanval…

Daar was ‘n verwagting deur Jan Alleman dat die olieprys skerp sou styg na Iran se aanval op Israel maar, dit het nie gebeur nie. Inteendeel, olie is redelik bestendig en daal selfs. Op die oomblik verhandel die kommoditeit net bo 89 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper. Hy sê die prys berei reeds ‘n geruime tyd hiervoor voor.