Brent daal (steeds) as gevolg van Chinese-data

Brent ru-olie het die week se handel meer as 7 persent laer afgesluit op net minder as 73 Amerikaanse dollar ‘n vat. Ontleders meen dat Chinese data die groot aandrywer van die terugsakking is met die wêreld se voorste olie-invoerder wat weer ‘n verstadiging in groei in die derde kwartaal aangeteken het. China se raffinadery-uitset het vir die sesde agtereenvolgende maand gedaal. Sommige kenners meen elektriese voertuie dra by tot die daling in vraag in die land.