Brent daal, Opul hou voet by stuk vraag sal styg

Internasionale ru-oliepryse het gedaal na net bo 82 Amerikaanse dollar ‘n vat na die jongste Amerikaanse makro-ekonomiese data daarop dui dat inflasie steeds hoog is in die land, die wêreld se grootste olieverbruiker. Intussen het Opul sy maandelikse verslag vrygestel en sy vraagvoorspelling vir die jaar gehandhaaf. Die organisasie glo steeds vir relatief sterk groei in die wêreldwye vraag na olie vanjaar en sê daar is ‘n kans dat die wêreldekonomie vanjaar beter kan vaar as wat verwag is. Opul se maandelikse verslag sê die wêreldvraag na olie sal in 2024 met 2,25 miljoen vate per dag styg en in 2025 met 1,85 miljoen vate daagliks.