Breinbeseerde man se moord-skuldigbevinding in Britse hof omgekeer
‘n Man met ‘n breinbesering wat lewenslange tronkstraf opgelê is vir moord terwyl hy ‘n tiener was, se skuldigbevinding is deur die Appèlhof geskrap. Oliver Campbell is in 1991 in ‘n gevangenis opgeneem vir die moord op die winkeleienaar Baldev Hoondle in Hackney, in die ooste van Londen. Campbell se regspan het aangevoer die jurie in sy verhoor is nie ingelig oor die volle omvang van sy breinbeserings nie, en het ook nie getuienis aangehoor dat ‘n ander man as die skieter uitgewys is nie. Sy intelligensie is grenslyn-gebrekkig met ‘n verswakte vermoë om meer as die eenvoudigste verbale inligting te verwerk of te onthou.