Brave Warriors staan voor Cosafa-beker semifinaal

Namibië se Brave Warriors warm seker al op vir hulle Cosafa-beker semifinaal wat om 6-uur afskop. Hulle speel teen Mosambiek in die ikoniese Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha. Die Warriors het die Seychelle met 3-1 geklop om as die beste tweede-geplaasde span in die poelfase te eindig. Die ander semifinaal word eerste gespeel en is steeds aan die gang tussen die indrukwekkende Comore-eilande en Angola. Die Warriors se toernooi sal óf afgesluit word met Sondag se finaal óf die bronsmedalje-uitspeelwedstryd vroeër dieselfde dag.