Brave Warriors maak reg vir Afrikabeker

Met die 2023 Afrikabeker-toernooi in Ivoorkus om die draai, sê die Brave Warriors se hoofafrigter, Collin Benjamin, hy het na ‘n assesserings-oefenkamp ‘n “redelike goeie prentjie” van hoe die finale span sal lyk. Benjamin sê hulle het die groep van 19 spelers na 12 gesny, wat by die buiteland-gebaseerde spelers sal aansluit vir hul kamp in Ghana. In Januarie sal daardie groep gesny word tot die finale 24. Namibië skop hul vierde Afcon-eindstryd af met ‘n kragmeting teen Tunisië op 16 Januarie.