Brave Warriors maak Afrika-beker geskiedenis

Namibië het weer geskiedenis gemaak by die Afrika-beker toernooi in Ivoorkus deur vir die eerste keer ooit te kwalifiseer vir die uitklopronde, nadat hulle met 0-0 gelykop gespeel het teen Mali. Die Brave Warriors het vroeër hul eerste wedstryd ooit by die Nasiesbeker gewen toe hulle Tunisë met 1-0 verslaan het. Die Warriors kom Saterdag teen Angola te staan.