Brave Warriors in Cosafa-beker eindstryd

Namibië se Brave Warriors is deur na die eindstryd van die Cosafa-beker toernooi in Gqeberha, Suid-Afrika. Die Warriors se semifinaal teen Mosambiek is met strafskoppe bepaal nadat die telling aan die einde van ekstra tyd 0-elk was. Namibië het die uitklop-strafskopstryd 4 – 2 gewen. In die ander semifinaal het Angola die Comore-eilande met 2 -1 geklop. Die Brave Warriors en Angola takel mekaar in die finaal wat Sondag om 3-uur afskop. Mosambiek en die Comore-eilande speel Sondag om 12-uur om die derde plek te bepaal.