Brave Warriors ‘gaan knoop deurhaak’

Die Brave Warriors se hoofafrigter, Collin Benjamin, sê sy span het baie hard gewerk om in die Afrikabeter-toernooi in Ivoorkus mee te ding. Hy sê hulle is gereed om hul beste te gee in hulle openingswedstryd teen Tunisië wat om 7-uur vanaand begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Woody Jacobs, ‘n plaaslike sokkerafrigter wat ook ‘n assistent-Brave Warriors-afrigter was, gesels oor wat om vandag van die span te verwag.