Brave Gladiators verloor 0-1 teen SA

Die Namibiese vroue-sokkerspan het ‘n 1-0 nederlaag in die hande van Suid-Afrika gely, wat daartoe gelei het dat die Brave Gladiators vandag ‘n plek in die eindstryd van die Cosafa-vrouekampioenskappe in Suid-Afrika misgeloop het. Die gasheer sal in die eindstryd teen Zambië speel terwyl Namibië en Tanzanië vir die derde plek sal speel.