Brave Gladiators probeer weer teen Ghana

Namibië se nasionale vroue-sokkerspan, die Brave Gladiators, probeer vanmiddag om hul twee-doel agterstand teen Ghana uit te wis en hul plek by die 2024 Vroue-Afrikabeker te bespreek. Die Gladiators is 3-1 agter die Black Queens na Vrydag se eerste been, finale ronde kwalifisering in Accra. Die Gladiators speel die terugkeer-wedstryd by die Lucas Masterpieces Moripe-stadion in Pretoria, Suid-Afrika. Hul hoofafrigter, Paulus Shipanga, glo hulle is meer as in staat om die Ghanese te klop. Dit is slegs die tweede keer dat die Gladiators probeer kwalifiseer vir die kontinentale skouspel, met hul enigste verskyning nege jaar gelede as gashere.