Brasiliese klimaatbelofte verwelkom

Brasilië het besonderhede van sy nuwe belofte oor klimaatsverandering aangekondig. Dit stel ‘n teiken om die land se kweekhuisgasvrystellings teen 2035 te verlaag. Die land sal sy belofte by die komende COP29 in Azerbeidjan bekend maak. Dit word as uiters belangrik geag omdat  Brasilië een van die wêreld se grootste vrystellers van koolstofdioksied is. Die VN sê lande moet meer doen as die wêreld binne bereik wil bly van die Parys-ooreenkomsteiken om globale temperatuurstygings tot 1,5 grade Celsius te beperk.