Brasilië bied in 2026 weer MotoGP aan

Motorsport: Brasilië sal in 2026 die eerste keer in meer as twee dekades weer op die MotoGP-wêreldkampioenskap se program verskyn. Die Goiania Ayrton Senna-baan wat na die plaaslike Formule Een-kampioen vernoem is, sal die wedren tot minstens 2030 aanbied. Die houer van die MotoGP-regte, Dorna Sports, se uitvoerende hoof, Carmelo Ezpeleta, sê die nuwe ooreenkoms bied ʼn uitstekende geleentheid om uit te brei in Suid-Amerika, wat ʼn belangrike mark vir die sport en vervaardigers is.