Brasilië begin dengue-inentings te midde van uitbreking

Brasilië het ‘n dengue-koors-inentingsveldtog van stapel gestuur te midde van ‘n toename in gevalle; die eerste land ter wêreld wat die entstof deur sy openbare gesondheidstelsel beskikbaar stel. Volgens AFP het Brasiliaanse gesondheidsowerhede in die eerste vyf weke van die jaar reeds meer as 395 000 waarskynlike gevalle van die muskiet-oordraagbare siekte aangeteken. Minstens 53 mense is in die huidige dengue-uitbreking dood, met amptenare wat 281 ander sterftes nog ontleed. Brasilië se digsbevolkte stede, Sao Paulo en Rio de Janeiro, het albei noodmaatreëls getref voor die karnaval, wat jaarliks miljoene toeriste van regoor die wêreld lok.