Brandstofpryse sak, maar net in Walvis met N$1

Die pryse van petrol en altwee kategorieë diesel daal vanaand om een minuut na middernag. Dit is net in Walvisbaai waar die pryse met die aangekondigde 1 Namibiese dollar sal sak, en in onder andere Windhoek sal brandstof 69 sent per liter goedkoper wees. Dit is weens die vervoerkoste van brandstof, wat hoër is weens die instel van geweegde brandstof-vervoertariewe. Die tariewe vervang die goedkoper spoortariewe tussen Walvisbaai en binnelandse brandstofdepots.