Brandstofpryse is 13,2% laer as Oktober ’23
Brandstofpryse was gemiddeld 13,2 persent laer op ‘n jaargrondslag in Oktober vanjaar, vergeleke met Oktober 2023. Volgens ‘n ontleding deur IJG Securities, het die afname gelei tot deflasie in die vervoerkategorie in die verbruikersprysindeks. Die firma sê ‘n soortgelyke deflasionêre effek word vir November verwag. Die verbruikersprysindeks sal dus in alle waarskynlikheid gedemp bly in die nabye toekoms al is daar steeds druk op behuising, nutsdienste en kos.