Brandstofprys word Donderdag bepaal

Die ministerie van myne en energie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die komitee wat die brandstofprys bepaal Donderdag bymekaar sal kom en moontlik volgende week Dinsdag die nuwe prys bekendmaak. Die nuwe prys op 3 April, volgende week Woensdag in werking. Daar was tydens Februarie reeds onderverhalings op petrol sowel as beide grade van diesel, elk van meer as ‘n dollar maar die prys is onveranderd gelaat. Die prys van Brent ru-olie het ook in die afgelope maand met amper 5 persent gestyg.