Brandstofprys vandag bekend

Die energieministerie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die komitee wat die brandstofpryse bepaal, Donderdag vergader het en vandag die nuwe pryse sal bekend maak. Dit sal op Woensdag, 3 April in werking tree. Die Padfondsadministrasie soek steeds ‘n verdere verhoging van 1 Namibiese dollar in die brandstofheffing, na ‘n verhoging van 20 sent in Desember, om die finansieringsgaping vir padinstandhouding en -rehabilitasie te dek. Die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gee sy voorspelling.