Brandstofprys onveranderd vir April

Nes ekonome voorspel het, is die brandstofprys vir April onveranderd. Dit geld vir beide diesel en petrol. Diesel kos 20 dollar en 65 sent per liter aan die kus en petrol kos 19 dollar 78 sent per liter. Die ministerie van myne en energie het pas die aankondiging gemaak. Brent ru-olie het wel vandag skerp gestyg maar het gedurende Maart met 8 persent teruggesak, soveel so dat ekonome hulle gemiddelde prys per vat vir die jaar afwaarts aangepas het na 80 Amerikaanse dollar toe. Dit is vanoggend omgekeer met Opul se besnoeiings.