Brandstofprys moet vandag bekend wees

Die brandstofprys vir Desember sal vandag bekend gemaak moet word omdat dit vannag om middernag in werking tree. Die ministerie van myne en energie het sedert Donderdag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die prys binnekort bekend sal wees maar, tot dusver is geen aankondiging gemaak nie. Die Brent ru-olieprys het met ongeveer 11 persent in November gedaal en talle ekonome het ‘n daling in die prys voorspel terwyl ander meen dit sal onveranderd gehou word.