Brandstofprys: Koop elektries!

Elektriese motorverkope is aan die toeneem namate brandstofpryse aanhou styg. Vroeër vanjaar het Kalifornië die eerste Amerikaanse staat geword wat meer as een miljoen elektriese voertuie in die VSA verkoop het. Volgens AutoPacific het verkope van elektriese voertuie verlede jaar byna 500 000 bereik, en vanjaar sal die getal na verwagting met 37 persent styg tot 670 000. Jens Denk, ‘n aandeelhouer by Electric Vehicles Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle verwag ook ‘n styging in die verkope van elektriese voertuie in Namibië, veral met die skerp styging in brandstofpryse.