Brandstofprys-komitee sit môre

Ten spyte van onlangse rand-swakheid, bly die brandstofprysvooruitsigte vir Junie positief met aansienlike verlagings in alle brandstof waarskynlik. Die Automobielvereniging sê laer internasionale oliepryse is die rede agter die voorspelde dalings. In Mei het Namibiese Petrol ‘n skerp styging van 70 sent per liter gesien, terwyl dieselvariante met 40 sent per liter geklim het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die ministerie van myne en energie, wat sê die komitee wat brandstofpryse bepaal, vergader môre.