Brandstofprys eers volgende week bekend

Daar is voorspellings vir ‘n geringe styging in die Namibiese brandstofprys wat volgende week Woensdag in werking tree vir Februarie. Die ministerie van myne en energie doen die aankondiging maar, die ministeriële woordvoerder, Andreas Simon, sê die hersiening het nog nie begin nie en dus, sal dit eers volgende week aangekondig word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.