Brandstofprys: Diesel is die buiteperd

Die brandstofprys was nog altyd maklik om te bepaal – ons kyk na ru-oliepryse en die wisselkoers maar, diesel is op die oomblik die buiteperd. Volgens internasionale analiste is ’n volmaakte storm is besig om in globale dieselmarkte te ontvou. Raffinaderye bly onder druk en voorrade in Europa en die VSA is baie laag, veral met die winter wat aankom. Op sy beurt, waarksu Bloomberg dat daar binne maande in byna elke streek op die planeet ‘n gevaar van ‘n dieseltekorte kan wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gesels oor die dieselprys in die streek en die heersende internasionale stand van sake.