Brandstofprys-aankondiging môre

Met die ekonomiese situasie wat elke dag moeiliker raak, wag Namibiërs elke maand in spanning vir die aankondiging van brandstofpryse. Weens stygende inflasie, is dit nie net voertuig-eienaars wat geraak word deur die aanpassings van brandstofpryse nie, maar Jan Alleman ook. Die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, Andreas Simon, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die aankondiging môre gedoen sal word.