Brandstofprys-aankondiging dalk vanaand, dalk môre

Almal wag angstig op die brandstofprys-aankondiging, maar dit is nie duidelik wanneer dit gedoen sal word nie. Kosmos 94.1 Nuus het by Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energie ministerie, bevestiging gekry dat die komitee wat brandstofpryse bepaal, reeds vergader het. Hulle vergader egter weer later vandag en die aankondiging sal vanaand of môre deur die dag gemaak word. Daar word wyd verwag dat die pryse sal daal, weens die Suid-Afrikaanse rand wat sterker vertoon teen die Amerikaanse dollar.