Brandstof verkoop soos soetkoek op Walvis
Namport, sowel as hawens in Mauritius word al hoe meer gewild as brandstof stop vir vaartuie wat veiligheidsbedreigings in die Rooisee vermy. Verskeie internasionale reuse sê Namport by Walvisbaai en Port Louis in Mauritius is die top-opsies en Walvisbaai word as uiters gerieflik beskryf omdat daar minimale afwyking van die roete is. Aanvanklik was dit hoofsaaklik vraghouerskepe wat om die Kaap van Goeie Hoop herroeteer het, maar hulle is gevolg deur tenker-vaartuie sowel as ander vragskepe. Die ompad kom teen ‘n prys: ‘n ekstra 8 000 kilometer.