Brandstof daal maar hoe lank sal dit hou?

Die petrolprys daal Woensdag met 120 sent en beide kategorieë diesel sal 110 sent per liter minder kos. Die energie-ministerie sê die verlagings is weens ‘n sterker Namibiese dollar en ‘n laer olieprys. Reaksie is ontvang van dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se departement Ekonomie, wat sê dit bring groot verligting maar dis onseker hoe lank dit sal aanhou.