Brandstigting, diefstal by West Nest Lodge ondersoek
Die Namibiese polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting, inbraak en diefstal nadat ‘n brand by die bekende West Nest Lodge naby Gobabis, die hoofgebou verwoes het. Na bewering het die verdagte ‘n onbekende voorwerp gebruik om by die hoofgebou in te breek en verskeie items gesteel. Die gebou is daarna aan die brand gesteek wat tot as afgebrand het. Volgens die polisie word die skade op meer as een miljoen Namibiese dollar beraam. Geen verdagte is tot dusver in hegtenis geneem nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die eienaar van die lodge, Awie van der Westhuizen oor die jongste gesels…