Brande woed in Kanada, VSA
Veldbrande woed in die noordwestelike dele van Amerika sowel as die westelike dele van Kanada. Die 11 000 vierkante kilometer Jasper Nasionale Park in Alberta en die nabygeleë dorpies is onder ontruimingsbevele weens ‘n reuse veldbrand suid van die dorp. Die dorpie Williams Lake in Brits-Columbië, is bedreig deur ‘n vinnig bewegende brand wat Sondag uitgebreek het. Warm en winderige weer het ‘n reeks brande in Washington en Oregon in die VSA veroorsaak.