Brande by Simonstad woed steeds

Die Stad Kaapstad versoek inwoners wat die naaste aan die brandlyngebiede woon om waaksaam te wees terwyl die brande by Simonstad voortduur. Die brande het Dinsdag teen die hange van die berg bokant Castle Rock naby Simonstad begin en woed reeds vir vyf dae. Volgens die woordvoerder van die stad se Brand en Reddingsdienste, Jermaine Carelse, hanteer 14 frontlinie-brandhulpbronne en ses gly-eenhede die brandpunte naby Plateauweg, Volstruisplaas en die Scarborough-omgewing.