Brandblussers: So lyk die reëls

Daar heers ‘n debat op sosiale media nadat ‘n man gesê het hy het ‘n kaartjie by ‘n padblokkade op die pad na Swakopmund gekry omdat hy nie ‘n brandblusser in sy voertuig gehad het nie. Hoofinspekteur Rozario Coetzee van Nampol se verkeersafdeling verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat openbare vervoer volgens wet brandblussers aan boord moet hê. Ander voertuie hoef nie brandblussers te hê nie, maar dit word aanbeveel. 

Coetzee verduidelik verder wat verplig is om in alle voertuie te wees, en probleme met nommerplate.