Brand wat by Osona ontstaan het, verwoes 280 000 hektaar

Volgens berigte is boere wie se plase afgebrand het ná ‘n veldbrand wat by die Osona-weermagbasis naby Okahandja ontstaan het, besig om inligting in te win vir die voorbereiding van ’n formele klag teen die Namibiese weermag. Die verwoestende veldbrand het op 23 November ontstaan en 280 000 hektaar op 55 plase afgebrand voor dit op 4 Desember geblus is.