Brand op houerskip bedreig Namibiese vrag

CMA CGM het ‘n kliënte-advies uitgereik oor ‘n brandvoorval aan boord van die houerskip Northern Juvenile, wat tans vir die Asië-Wes-Afrika-diens gehuur word. Die Franse verskepingsmaatskappy raai kliënte aan om hul vragonderskrywers dadelik in kennis te stel weens potensiële vragskade-risiko’s. Verdere besonderhede oor die omvang van die brand en implikasies vir vragsekerheid word fyn dopgehou soos die situasie ontwikkel. Volgens berigte is daar vrag van ‘n paar Namibiese maatskappye op die skip wat op pad was na die Walvisbaai hawe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Elias Mwenyo, die uitvoerende kommersiële bestuurder by Namport, wat sê daar is niks wat hulle aan die saak kan doen nie.