Brand by Touwsrivier onder beheer

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap het ʼn brand op die heuwels op plase buite Touwsrivier onder bedwang gebring. Die woordvoerder van die munisipaliteit se brandweerdiens, Jo-anne Otto sê 34 brandbestryders is ontplooi om ʼn groot veldbrand te bestry wat na bewering deur weerlig veroorsaak is.