Branco du Preez ingesluit in Blitsbok-groep
Rugby: Die Blitsbok wat spog met die meeste wedstryde van alle tye, Branco du Preez, is ingesluit in die 13-man Springbok Sewes-groep vir die volgende twee HSBC Wêreldrugby Sewesreeks-toernooie in Frankryk en Engeland. Du Preez is een van vier veranderinge aan die span wat verlede maand met ‘n vyfde plek vanaf Kanada teruggekeer het. Die agterspeler Muller du Plessis sal ook terugkeer ná sy suksesvolle rehabilitasie nadat hy sy been gebreek het in die eerste van die twee toernooie in Dubai. Die twee ander spelers wat ingesluit is, is Tiaan Pretorius en Mfundo Ndhlovu.