Bradman se Baggy Green haal R4,5-miljoen

Krieket: Die pet wat die legendariese Australiese kolwer Don Bradman gedra het, het vir meer as 4,5-miljoen Namibiese dollar verkoop op ‘n veiling in Sydney. Hy het die Baggy Green gedra tydens die toetsreeks van 1947/’48 teen Indië waartydens hy 715 lopies aangeteken het. Bradman het kort daarna uitgetree met ‘n wêreldrekord-toetskolfgemiddeld van 99,94. Nog ‘n Baggy Green wat hy tydens sy eerste toets in 1928 gedra het, is in 2020 vir 5,2-miljoen dollar verkoop, en die beroemde Australiese draaibouler Shane Warne s’n vir 11,7-miljoen dollar dieselfde jaar.