Brad Pitt sal in Tarantino se 10de en laaste rolprent wees

Die bekroonde akteur, Brad Pitt, onderhandel volgens berigte om te speel in Quentin Tarantino se rolprent, The Movie Critic, wat sy tiende en vermoedelik sy laaste een sal wees. Die twee het voorheen saamgewerk aan Inglourious Basterds in 2009 en Once Upon a Time in Hollywood in 2019, waarvoor Pitt ‘n Oscar vir beste ondersteunende akteur verower het vir die rol van die waaghals Cliff Booth verower het. The Movie Critic speel blykbaar in die 1970’s af in Suid-Kalifornië en is geïnspireer deur ‘n siniese rolprent-resensent oor wie Tarantino in sy kinderjare gelees het.