Braaibroodjie se prys skiet die hoogte in (maak dit saak?)

Suid-Afrikaanse ekonoom Johann Biermann het ‘n indeks geskep vir die koste van ‘n braaibroodjie wat witbrood, blatjang, cheddarkaas, tamatie, uie, peper en sout bevat. Met die indeks op 100 toe hy berekeninge op 1 Januarie 2017 begin het, is die prysindeks tans net bo 180. ‘n Braaibroodjie was op sy duurste in Mei vanjaar. In die laaste 12 maande het ‘n braaibroodjie 8 persent duurder geword en in die afgelope drie jaar, is die prys met amper 38 persent op. En in die laaste vyf jaar, het ‘n braaibroodjie amper 63 persent duurder geword.