BP staak alle lugvaartbedrywighede in SA

Die internasionale energie-onderneming, BP Suider-Afrika, het aangekondig hy sal alle lugvaartbedrywighede in Suid-Afrika staak, insluitend hervulling op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Dit is te wyte aan Air BP se wêreldwye sake-strategie. Die stap volg ná ‘n besluit deur die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaart-owerheid om BP se plaaslike lugvaartbedrywighede tydelik te hok om veiligheidsredes. Die besluit sal na verwagting lugreise en vervoer in die land beïnvloed. BP wou nie sê of die stap verband hou met die Suid-Afrikaanse regering se standpunt oor Rusland nie.