Bouwerk begin aan 20MW sonkragaanleg by Otjiwarongo

Bouwerk het begin aan ‘n 20 megawatt sonkragaanleg by Otjiwarongo, ten volle besit deur Solarcentury Africa. Dit sal die eerste volledig handelaar-onafhanklike kragprodusent in Suider-Afrika wees. Al 51 Gigawatt-uur se jaarlikse uitset sal in die Suider-Afrikaanse Kragpoel verkoop word, ‘n netwerk van Suider-Afrikaanse elektrisiteitsmaatskappye. Die Namibiese kontrakteur Alensy Energy Solutions bou die aanleg, en ingebruikneming word vir die derde kwartaal volgende jaar beplan. Solarcentury Africa se uitvoerende hoof, Jason De Carteret, het oor die projek gepraat by die sooispit geleentheid in Otjiwarongo.