Bouwerk aan N$236,8 miljoen Namfisa-hoofkantoor begin

Die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het die sooispit-seremonie vir die bou van sy hoofkantoor langs Onafhanklikheidsrylaan in die hoofstad gehou. Volgens Namfisa se uitvoerende hoof, Kenneth Matomola, sal die gebou na verwagting ‘n eenstopwinkel vir Namfisa-dienste wees en oor twee jaar voltooi word. Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het die konstruksietender van 236,8 miljoen Namibiese dollar aan Adaptive Building Land Construction cc JV China State Construction Engineering Corporation toegeken.