Bouprojek van Unam se Suide-kampus vertraag

Namibiese vise-president Nangolo Mbumba het die Universiteit van Namibië se Suidelike Kampus se lesingsaal-kompleks by Keetmanshoop in die Karas-streek ingehuldig. Die regering het 93 miljoen Namibiese dollar vir die eerste fase van die bou-projek van die kampus belê. Die konstruksie van die kompleks, wat uit lesingsale, geo-wetenskapslaboratoriums en administrasie-kantore bestaan, het in 2016 begin. Die voltooiing van die projek het egter langer geneem as wat verwag is weens finansiële beperkings. Mbumba sê die regering is daartoe verbind om toegang tot hoër-onderwys-instellings in die land te uit te brei.