Bouplanne vir Windhoek min, maar daar’s hoop

Volgens IJG Securities se bouplanneverslag vir Desember bly die pyplyn vir konstruksie-aktiwiteit in Windhoek swak. Altesaam 94 bouplanne is in Desember goedgekeur, 33,3 persent minder as die aantal planne wat in November goedgekeur is en ‘n 14,5 persent jaar-tot-jaar afname. Dit bring die kumulatiewe aantal bouplanne goedgekeur op 1 864 in 2023, die laagste sedert 2016. Kosmos 94.1 Nuus het met Angelique Bock, navorsingsontleder van IJG Securities gepraat oor die vooruitsigte vir 2024.