Bouplanne: Na begroting sal dinge verbeter
Bouplanne in die hoofstad en aan die kus herstel nie en vertoon steeds swak, volgens die jongste syfers wat vir Februarie bekend gemaak is. Die plaaslike boubedryf sukkel ook, veral met groot tenders wat nie aan hulle toegeken is nie. Maar, volgens Simonis Storm, behoort die prentjie te verander. Met 700 miljoen Namibiese dollar wat in die begroting toegeken is vir die diens van erwe en behuising, sowel as aanpassings in oordragkostes en kontrakfooie wat deur die finansminister aangekondig is, behoort daar vanjaar ‘n verbetering te wees in die boubedryf en bouplanne.